Demi Lee Moore

Coleske Artists en VIA (DStv-kanaal 147) het in 2018 gesoek na Suid-Afrika se volgende groot Afrikaanse musiekster en ’n nuwe TV-reeks, Die Kontrak, het afgeskop nadat bykans 2 000 inskrywings van hoopvolle deelnemers ontvang is. Demi Lee Moore (28) is uiteindelik as wenner gekroon van dié werklikheidsreeks en ’n gesogte platekontrak van Coleske Artists ontvang. Sy het het ook by Afrikaans is Groot opgetree as deel van haar prys. Haar album, Mis Eet Slaap Herhaal, was pas uitgereik toe dit reeds landwyd by winkels uitverkoop het met die enkelsnit, met dieselfde titel, wat ook eerste op die Afrikaanse iTunes-ranglys was.