Jay du Plessis

Hy is al vyf sterk jare in die solo-veld en sy nuutste en 2de solo-album, #DisHoeOnsRol, het stilweg en selfversekerd kort ná uitreiking platinum status behaal vir verkope van meer as 40 000 eenhede.
Platinumstatus is waar JAY sy beste werk doen. Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het, eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans van melodie waarborg weereens sukses, snit vir snit, op sy langverwagte tweede vollengte solo-album.
Een van die vele hoogtepunte wat JAY se tweede solo-aflewering so betowerend maak, is sy duet met niemand anders as Steve Hofmeyr nie – ’n droom wat bewaarheid is op ’n magdom vlakke. Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap onderstreep die aktualiteit van #DisHoeOnsRol. Die regte lewe in Suid-Afrika is waar JAY eerlike opregtheid uitsoek en trefferwaardig maak, as ’n geskenk vir aanhangers van meervlakkige, vooruitstrewende Afrikaanse pop waarop ons almal trots kan wees.
“Om uiteindelik ’n lied te vind wat die duet met Steve moontlik gemaak het, was ’n hoogtepunt,” bevestig hy.
“Dis ’n lied wat al jare lank in die pyplyn is, en wat die swaarkry van die Afrikaner aanspreek.
Dit was ’n merkwaardige 17-jaar lange reis wat JAY gebring het tot waar hy vandag tuis is. Ná 12 van hierdie fenominale jare as een deel van die groter geheel van Eden, het hy gedurende die afgelope drie jaar sonder begeleiding gevlieg en ook een van die mees suksesvolle duet-albums wat hierdie land in dekades gehoor het, vrygestel. “Die treffer wat ek aan Lianie May se sy geniet het met die vrystelling van Bonnie en Clyde, het beteken dat enigiets anders, insluitend #DisHoeOnsRol, op langverlof geplaas is,” verduidelik hy met ’n verskonende glimlag.


 

Music Video


Checkout the video below for the latest music video of Jay du Plessis