Integrated Entertainment Projects

LEARN MORE

Scroll down to
find out more about
our projects

 

Afrikaans Is Groot,
Vol. 11 (CD & DVD)

Die dubbelalbum, AiG. Vol. 11 het platinumstatus behaal en as jy nog nie joune het nie, moet jy wikkel. Met van jou grootste treffers soos Steve Hofmeyr se Feeslied, Sexy vi' My van Dirk van der Westhuizen en Jay du Plessis se Lê Bietjie Langer is dié album een wat deel van jou versameling moet wees. Met nog groot name soos Riana Nel, Touch of Class Music en Dewald Wasserfall se musiek op dié album, gaan jy dit van die begin tot die einde wil luister.

Buy Now
 

Classics is Groot 2019 (CD & DVD)

Classics is Groot vind op 19 en 20 Julie vir die derde keer plaas en beloof om weer propvol hoogtepunte van nostalgie te wees. Elvis Blue is ook vanjaar vir die eerste keer deel van dié produksie en verder kan daar uitgesien word na optredes deur Amira, Touch of Class, Corlea Botha, Tarryn Lamb, Jannie Moolman, Joseph Clark, Monique Steyn en vele meer. Classics is Groot 2018 se DVD was skaars uitgereik toe dit reeds topverkoper-status bereik het - wat net weer eens bewys dat hierdie produksie by verskeie gehore aanklank vind.

Buy Now
 

Weiveld Tunes

Moenie betrap word sonder Weiveld Tunes Vol. 3 nie. Hierdie album is propvol van jou gunsteling treffers wat jou gaan wil dans en laat saamsing! Van Karlien van Jaarsveld se Dans in die Reën, Naweeklyfie van Jay du Plessis en Lianie May tot Move It van Sunset Sweatshop kan jy alles op hierdie album hoor. Beslis in die kol vir langs die braaivleisvuurtjie.

Buy Now
 

Volksbesit

Volksbesit spog met al die kunstenaars en liedjies wat jou trots Afrikaans maak. Jou gunsteling-liedjies van kunstenaars soos Bobby Van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Corlea, Juanita du Plessis en Theuns Jordaan is almal op dié album. Kry hom hier.

Klik Hier.